

2015 OPNAMES
2015 het afgeskop met die OppieStoep toer waar Andries, Pietman en ons vervaardiger, Andre Calitz, Suid Afrika se beste storie vertellers gaan uitsoek het. Hulle ongelooflike reis het hulle deur die volgende magiese dorpe geneem: Malmesbury, Langebaan, Veldrift, Lambertsbaai, Vredendal, Bitterfontein, Garies, Springbok, Upington, Keimoes, Clanwilliam, Hamlet, Caledon en Paarl. Uit hierdie dorpe is ‘n handvol storie vertellers gekies om opgeneem te word.
Die opnames van die episodes het in Junie 2015 plaasgevind by die Kleine Parys Wynlandgoed in Paarl. Die publiek was genooi om deel te wees van die gehoor en elke aand was vol bespreek met 64 gehoor gaste, saam met die storie vertellers en bemanning. Daar was 8 aande van stories, vriende, kuier, wyn, eetgoed en baie pret. Die volgende toer en opnames is reeds in beplanning en verdere informasie sal deurgegee word, ons hoop om jou daar te sien!
