

WAT IS OPPIESTOEP?
In die tagtigerjare het ons weekliks heerlik gelag vir Spies & Plessiė met permissie en in die negentigs was daar Maak ’n Las. Nou byna 10 jaar later het ons ’n splinternuwe storievertelreeks wat sy oorsprong het uit die skoot van beide sy voorgangers.
Oppiestoep het ’n nuwerwetse aanslag op storievertel en die gepaardgaande nostalgie wat dit teweegbring, met splinternuwe storievertellers sowel as nuwe stories, nuwe glories, ou legendes en ou bekendes.’n Knus atmosfeer heers in die Bolandse wynkelder Kleine Parys in die Paarl waar Oppiestoep verfilm is voor ’n gehoor wat bestaan het uit wakker medepligtiges in die pleeg van humor.
Kom saam met ons op die avontuur wat komiese staaltjes en pittige uitlatings die lig laat sien en neem jou plek in Oppiestoep, die tuiste van storievertel in Afrikaans.
MEER OOR DIE AANBIEDERS
Pietman Geldenhuys is gebore te Prince Alfred's Hamlet in die Boland. Hy is onder andere 'n sanger, musikant, komediant, afslaer, seremoniemeester, liedjieskrywer, rubriekskrywer, kopieskrywer, nabootser, Pietman die Skot/Peter Mitchell, stemkunstenaar, verhoog- en filmakteur, trotse mede-aanbieder van Oppiestoep, krieketliefhebber, Karoo-entoesias, eggenoot en het al opgetree van Oppiekoppi tot Afrikaans is Groot.

PIETMAN GELDENHUYS
Hierdie veelsydige vermaaklikheids kunstenaar is bekend vir sy Weskus / Namakwaland stories en het ook 'n talent vir musiek. Dit is geen geheim hoekom hierdie kunstenaar wat sy stories en musiek tydloos en lewendig maak al vir n Sama, Twee Huisgenoot Tempo toekennings en wenner van kykNET Ghoema toekenning vir Beste Humor Album 2016.
